Vir die Huisvrou – Sjokolade nagereg


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Met die dat die winter op sy koudste is, is ons almal lus vir sjokoladekoek. Hierdie klam sjokoladekoek voldoen in elke soettand se ideale!

Sjokoladekoek / poeding:

Benodig:
1 k Koekmeel
2 t Bakpoeier
½ k Olie
½ k Kookwater
1 k Suiker
¼ k Kakao
4 Eiers (geskei)

Metode:
Meng die droë bestanddele, voeg die olie en eiergele by.
Meng die kakao met die kookwater en voeg dit by die droë bestanddele.
Klop vinnig tot die suiker opgelos en die deeg romerig is.
Klop die eierwitte styf en voeg ½ t bakpoeier by.
Vou in die mengsel met ‘n metaallepel.
Bak teen 180°C vir 45 minute in ‘n ringpan.

Sous:
¾ Blik Ideal melk
1 t Vanilla
½ k Suiker

Metode:
Kook saam oor lae hitte bo-op stoof totdat dit in ‘n karamelkleur is.
Roer aanhoudend.
Laat die koek afkoel en gooi die sous oor

Versiering vir koek:
½ blik Ideal melk
200g Cadbury’s sjokolade “Whole Nut”

Smelt saam en giet oor die koek as dit afgekoel is