Vir die Huisvrou – Malvalpoeding


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Malvapoeding is soet poeding van Kaaps Hollandse oorsprong, wat gewoonlik warm bedien word met vla en/of roomys. Dit word gemaak van appelkooskonfyt en het ‘n sponserige, karameliserende tekstuur. Dit word gewoonlik aangetref op meeste spyskaarte van Suid Afrikaanse restaurante.

Die naam van die poeding kom van Malvasia wyn van Madeira af. Die nagereg en dessertwyn word gewoonlik saam bedien na die hoofgereg. Met baie unieke byvoegings kan dit verskillende variasies gee, bv gemmer (Jan Ellispoeding), appelkooskonfyt (Malvapoeding), brandewyn (Brandewynpoeding) en dadels (Tipsy tert).

Hierdie is die gewone tradisionele Malvapoeding met appelkooskonfyt:
Malvapoeding:
Poeding:
1 Eetlepel margarien
1 Koppie suiker
1 Eier
1 Teelepel suurlemoensap
1 Teelepel Koeksoda
1 Teelepel Appelkooskonfyt
1 Koppie Melk
1 Koppie Koekmeelblom

Voorverhit die oond tot 180 grade. Room die margarien en die suiker saam.
Klits die eier by.
Voeg die suurlemoensap, koeksoda en appelkooskonfyt by en klits goed.
Roer die meel en die melk by.
Bak vir ongeveer 30minute, of tot dit van die kante loskom.

Stroop:
1 Koppie room
125ml margarien
1 Koppie suiker
125ml kookwater

Kook dit alles saam vir 2minute en gooi oor die warm poeding as dit uit die oond uit kom.
Sit die bak terug in die oond , en bak vir ‘n paar minute tot karamel.