Vir die huisvrou – Lemoenkoek


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week het ons ‘n lekker variasie van verlede week se Malvapoeding. Jy kan dit as ‘n warm poeding bedien saam met vla, of koud as ‘n koek. Hierdie Lemoenkoek vries ook baie lekker.

Lemoenkoek:
3 Eiers
250ml Suiker
20ml gesmelte Botter
375ml Meel
7.5ml Bakpoeier
180ml Melk
1ml Sout

Stroop:
250ml Water
10ml Botter
250ml Lemoensap
125ml Suiker
20ml Suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 180grade.
Klits die eiers tot skuim, voeg suiker by en klits vir 4minute.
Sif die droeë bestandele saam.
Meng die eiermengsel met die meelmengsel en voeg melk by.
Voeg die gesmelte botter by en meng goed.
Smeer ‘n koekpan, en gooi mengsel in.
Bak vir 30minunte – 35 minute.

Stroop:
Voeg die bestandele in kastol en laat kook op stoof vir 1 minute.
Gooi die warm stroop oor die koek sodra dit uit die oond kom.
Bedien as warm poeding met vla, of laat afkoel. Die koek vries ook baie goed.