Vertrou die Betroubare


Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.
-Ps 118:8

Mense is onbetroubaar! Dit maak nie saak hoeveel flieks en tv programme en motiveringsprekers en artikels jou probeer oortuig van die inherente goedheid van die mens nie, die Bybel leer anders. Die Bybel leer dat die mens ‘n sondige natuur het, die Heildelbergse Kategismus sê selfs dat die mens van nature geneig is om God en sy naaste te haat! Is dit dan wys om jou vertroue op mense te plaas, mense op te hemel? As jy op iemnad wil vertrou, laat dit dan eerder God wees, as jy ‘n aardse rolmodel soek, soek een waarin jy God kan sien werk.