Vermeende plaasaanvaller vrygelaat


Die aanvaller wat mnr. Noël McSeveney in ’n plaasaanval geskiet en gewond het, is vrygelaat en die saak van die hofrol geskrap weens moontlike nalatigheid deur ’n ondersoekbeampte.

Mnr. McSeveney is tydens die aanval gewond. In ’n poging om minstens sy vrou te beskerm, het hy een van die aanvallers doodgeskiet en ’n tweede een gewond.

Die ondersoekbeampte het blykbaar nagelaat om ’n mediese verslag by die hof in te dien wat bevestig dat die beskuldigde steeds in die hospitaal is vir behandeling.
Dit is blykbaar die rede waarom die saak deur die hof van die rol geskrap is.

Dit blyk asof die optrede van die ondersoekbeampte neerkom op nalatigheid of moedswilligheid. Oorweging word nou gegee aan die moontlikheid om die ondersoekbeampte te vervolg.
Foto- Noël McSeveney