Verkragters kon nie wen


Die jong dame van 24 jaar het ’n woeste geveg gehad om nie verkrag te word deur twee verkragters wat haar onverwags in haar ouerhuis oorval het.

Lillian Roets van Vanderbijlpark was besig om TV te kyk toe sy en die huiswerker skielik oorval is deur die skurke wat voorgegee het dat hulle in opdrag van haar vader, pype moes herstel.

Hulle het gesê die pyp is in die huis en moet herstel word. Hulle het haar oorval, geld, juwele en elektroniese toerusting geëis.
Sy moes saam met hulle deur die huis beweeg, en dit is toe dat hulle haar wou verkrag.
Die een rower was gewapen met ’n mes en die ander een het ’n vuurwapen gehad.

Mnr. Jo Roets sê sy dogter moes hard baklei om nie verkrag te word nie.