Verkeersdepartement sonder boete-boekies


Die regering in Noord-Transvaal het bewerings probeer ontken dat hul beamptes van die Pietersburg verkeersdepartement weens ‘n tekort aan skryfbehoeftes, nie boetes kan uitreik nie.

’n Woordvoerder van die Departement van Paaie en Vervoer, het gesê die hoofdoel van beamptes is om padveiligheid te handhaaf, nie om boetes uit te reik nie.

Hy het egter erken dat daar ‘n tekort aan skryfbehoeftes is.