Verheerliking van Mandela


In talle nuusberigte en openbare verklarings oor Nelson Mandela word hierdie revolusieleier vereer as ‘n held, ‘n ikoon en selfs as ‘n voorbeeld vir Christene! Ds Wasserman van Krugersdorp spreek God se seen uit oor Mandela, prof kobus Kok beweer dat mandela die beginsels beliggaam wat in elke gelowige teenwoordig behoort te wees, Ban Ki Moon beweer dat die hele wereld vir Mandela bid.

Vir die Christen wat sy geloof rig volgens die Woord van God en nie volgens die modevan die dag of die hoofstroom gevoel van die samelewing nie, is dit nodig om bietjie meer uiswerk te doen. God se seen kan nie sommer oor enige persoon uitgespreek word nie, want anders as wat dikwels verkondig word vandag is alle mense nie kinders van God nie. Sommige mense is vyande van God en dolank hulle die genade van Christus verwerp sal die toorn en die straf van God op hulle bly. ‘n Deel van om gelowig te wees beteken om deur die werking van die Heilige Gees bewus te wees van jou sonde, berou daaroor te he, vergifnis te smeek daarvoor op grond van die soenverdienste van Jesus Christus. Daar kan geen bekering en geen vergifnis en dus verlossing wees as daar nie berou en belydenis van sonde is nie.

Die realiteit is dat so graag as wat mense Mandela as Christen wil voorstel, was daar tot vandag toe nog geen verskoning, belydenis of enige teken van berou deur Mandela getoon oor enige van sy terreurdade waarin talle onskuldiges dood is nie. In teendeel het hy dit in die openbaar bekend gemaak dat hy nie geweld sal afsweer nie. Dink die familie van die slagoffers Die Woord waarsku dat gelowiges mense moet ken aan hul vrugte, maar hierdie man se vrugte is vrot al word daar, met die hulp van die liberale media ‘n baie mooi prentjie voorgehou. Hiermee se ek nie dat hy nie gered kan word nie. God is almagtig en as Hy dit so beskik het sal Mandela voor sy dood tot bekering kom. As die wereld dan vir hom bid, laat dit dan maar die gebede wees.

Voor ons ‘n man as Christenvoorbeeld voostel,of soos al die lasterlike geval was selfs as ‘n “tweede Christus’ of ‘n “swart Christus”, laat ons die man nie meet aan die handves van menseregte nie, maar laat ons aan die Woord van God sy vrugte toets! Doen ons so, sien ons dat sommige wat hulself teoloe noem, hul skuldig maak aan swak eksegese of ten minste aan ‘n totale gebrek aan kennis van die geskiedenis het van die mense waaroor hulle skryf.
Hans Harmse