Verdoemende getuienis teen Mugabe.


Verdoemende getuienis teen die President van Zimbabwe, Robert Mugabe, waarin sy planne om by die stembus te verneuk en die opposisie te vernietig is deur ‘n Londense koerant onthul.

Die dokument beskryf hoe beplan word om “verliese” van die regerende Zanu-PF party, te neutraliseer vir ‘n multi-miljoen Rand fooi aan ‘n Israeli maatskappy wat die 93-jarige diktator al vir dekades bystaan.

Dit bewys ook hoe die diktator se ambisie die land oor die afgelope 33 jaar geruïneer het. In sy strewe om ten alle koste aan bewind te bly, is sy wanbestuur aangehelp deur die Chinese regering, mede-Afrika diktators en geheime transaksies met diamant maatskappye.

Daar word ook genoem van werwing van ‘n gewapende burgermag en die noodsaaklikheid van dissiplinêre optrede teenoor vyandiggesindes. Die gebruik van “absolute neutralisasie” van die vyand is noodsaaklik.

Volgens die dokument sal:

Nikuv International Projects, ‘n Israelimaatskappy $13 miljoen (R128.5 miljoen) betaal word om die stembus te manipuleer.

Die Chinese regering sal help met stembedrog, intimidasie en toerusting om die uitsendings van onafhanklike radiostasies te blokkeer.

45,534 gewapende burgermaglede is reeds ontplooi in die land om opstande te onderdruk. ‘n Verdere 7,343 ondergaan tans opleiding.

Ses gematigde Zanu-PF lede moet verhoed word om aan die verkiesing deel te neem. Een is verlede maand onder verdagte omstandighede in ‘n motorongeluk dood.

Die befondsing van hierdie koverte optredes is afkomstig van sekere diamantmaatskappye, presidente van twee Afrikastate en prominente sakemanne in Brittanje, China en Zimbabwe.

Inmiddels het Mugabe ook vir President Jacob Zuma gewaarsku om die “negatiewe stem” van sy topbemiddelaar, Lindiwe Zulu, stil te maak.

Zulu het in aanloop tot die Zimbabwe-verkiesing gesê dat van wat sy gesien het, kan daar niks goed vir die verkiesing voorspel word nie.

‘n Menseregte-prokureur, Arnold Tsunga is saam met sy verkiesingspan in hegtenis geneem omdat hulle ‘n ongemagtigde saamtrek gehou het.