Uitvinder sterf op hoë ouderdom


Dr. Douglas Engelbart, uitvinder van die rekenaar-muis is in die rype ouderdom van 88 oorlede.

Dr. Engelbart, wat in Oregon gebore is, was ’n elektriese ingenieur maar ook ’n gekwalifiseerde in rekenaarwetenskap. Hy het in die jare 1950 en daarna studeer voordat hy by die Stanford-navorsingsinstituut aangesluit het.

Dr. Engelbart het aan verskeie konsepte gewerk, ondermeer die e-pos stelsel, videokonferensie en die ARPA-net wat ook die voorloper van vandag se internet is.

Hy sal die beste onthou word vir die rekenaarmuis. Die eerste muis in sy oorspronklike konsep was ‘n hout vierkant met twee wieletjies daaraan. In 1970 is sy eerste patent vir die rekenaarmuis geregistreer.

Tot sy nadeel, het die patend reeds verval voordat dit algemeen in gebruik geneem is.

Dr. Engelbart was in 2000 vereer vir sy baanbrekerswerk met die nasionale medalje vir tegnologie.