Twee SA sangers by Bayreuth


In die gesogte Bayreuth-fees vanjaar sal twee Suid-Afrikaanse sangers, Johan Botha (tenoor) en Michelle Breedt (mezzo-sopraan) gehoor word.

Die jaarlikse fees word sedert 1876 gewy aan die Duitse komponis Richard Wagner(1813-1883) se operas. Vanjaar is dit ‘n besondere feesviering want die komponis se 200ste geboortejaar word ook herdenk.

Botha het in 2010 vir die eerste keer by die fees opgetree in die hoofrol van Siegmund in Die Walküre terwyl Breedt sedert 2000 in verskillende rolle gesing het.

Kaartjiepryse wissel tussen R450 tot R3,650 en van die vertonings is tot tien jaar vooruit bespreek.

Die fees word gereeld deur die kanselier, Angela Merckel en haar eggenoot, Joachim Sauer ondersteun.
Foto- Richard Wagner