Tutu as ongelowige bestempel


Die leier van die ACDP, eerw. Kenneth Meshoe, het emeritus-aartsbiskop Tutu tereg gewys oor sy vreemde sienings en uitlating oor “homofobiese God”.

“Aartsbiskop Tutu was buite orde toe hy beweer het God is ‘n homofobiese God en dat hy boonop ook nog fout vind met Skrifgedeeltes wat sê ‘n homoseksuele leefstyl is ‘n sonde voor God,” het Meshoe gesê.

“Ons vra aartsbiskop Tutu om nie mense te verwar wat die Skrif respekteer nie, en vra hom om sy ongeloof vir homself te hou as hy nie in die heilige Bybel glo nie.”

Verskei ander teoloë het die uitspraak van Tutu verwerp. ’n Leraar wat verkies om anoniem te bly, het gese dit is duidelik dat Tutu nie ’n gelowige is nie, want hy openbaar humanistiese neigings wat beslis nie ’n kenmerk van ’n Christen gelowige is nie.