Trollip en Prinsloo op eetstaking


Bloemfontein – Mark Trollip en Johan Prinsloo, twee van die vier beskuldigdes in die sogenaamde “tweede Boeremag saak” het kennis gegee dat hulle op ’n eetstaking gaan.

Die twee mans het die Grootvlei Gevangenis kennis gegee dat hulle staking op 5 Augustus gaan begin.

Die Hoof ondersoek beampte, Francois Laux, het bekend gemaak dat die twee mans nie tevrede is met die sloerdery in die saak nie.en dat die saak so gou moontlik afgehandel moet word.

’n Woordvoerder van die Departement van korrektiewe dienste, Puleng Mokhoane, het intussen bevestig dat sodanige kennisgewing ontvang is en dat die Departement die aangeleentheid sal monitor.
.
Prinsloo and Trollip is die enigste van die vier verdagtes wat tans aangehou word.

Hein Boonzaaier het R80 000 borg ontvang en Martin Keevy is verlede week oorgeplaas na die Vrystaatse Psigiatriese afdeling ingevolge ’n hospitaal verslag wat ingehandig is waarin hy blykbaar as nie toerekenbaar vir sy dade gevind is.