Tragiese gesinsmoord


Paul Nothnagel (45) het sy voormalige vrou, Linda en sy twee dogters ingewag en op ’n redelike kort afstand geskiet.

Albei sy dogters is op slag dood maar sy voormalige vrou het wonderbaarlik die skoot oorleef en word tans in ’n hospitaal in Alberton versorg.

Nothnagel is ’n sirkulasiebestuurder van Beeld en het op Linda se Hyundai losgebrand toe sy by ’n T-aansluiting moes stop.

Kort daarna het Paul homself met dieselfde vuurwapen om die lewe gebring.