Tonne olifanttande gevind


Bewaring-organisasies en die Belastinggaarder van Kenia het op ongeveer 3,5 ton olifanttande beslag gelê in die hawe van Mombasa.

Dit verteenwoordig meer as 200 volgroeide olifante se tande. .

Amptenare wat op die fonds van ivoor afgekom het, vind toe die klomp tande netjies verpak in ’n houer wat verskeep moes word.

Die besending was nog nie behoorlik gedokumenteer om verskeep te word nie wat dit bemoeilik om vas te stel waarheen dit gestuur sou word.

’n Woordvoerder van Kenia se wildbewaring sê die tande kom uit verskillende streke van die land, geoordeel aan die verskil in kleur van die tande wat gevind is.

Dit blyk dat die smokkel van tande deur ’n wêreldwye netwerk en sindikaat bedryf word.

Kenners meen dat daar ’n sterk moontlikheid is dat die sindikaat ook agter die renosterstropery in Suid-Afrika sit. Volgens die “Outraged South African Citizens against Poaching” is 480 renosters reeds vanjaar afgemaai.