Tolpaaie kan misluk.


Kritici van die omstrede e-tolstelsel in Sentraal Transvaal meen dit gaan net soos in Portugal misluk.

Portugal se grootste Engelse koerant in SA, The Portugal News, het berig dat die e-tolstelsel daar, wat teen die einde van 2011 in werking gestel is, die staatsbeheerde padagentskap, Estradas de Portugal (EP), groot verliese laat lei.

Die redakteur, Brendan de Beer het gesê die rede vir die verlies is die afname in die getal padverbruikers en die getal motoriste wat versuim om tolheffings te betaal. Dit alles het die stelsel onwerkbaar gemaak en stygende administrasiekoste vir die EP tot gevolg gehad.

Volgens die uitvoerende hoof van EP gaan 29% van alle tolgeld tans aan administrasiekoste wat van €17 miljoen (R224 miljoen) in 2011 tot €42 miljoen (R553miljoen) verlede jaar gestyg het.

EP se inkomste het verlede jaar met 74% gedaal terwyl hulle gesukkel het om €30,6 miljoen (R387 miljoen) by motoriste in te samel wat nie tolheffings betaal nie. Dit sluit toeriste in wat nie weet hule moet skyfies by die grens koop nie en mense wat met buitelandse nommerplate bestuur en nie rekenings ontvang nie.

Wayne Duvenage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), het gesê dat hulle van die begin af voorspel het dat soortgelyke probleme, indien nie erger nie, Gauteng sal tref. Ook die ekonoom, dr Dawie Roodt het gesê dat daar te veel motoriste is wat selfs gewone verkeersboetes net eenvoudig ignoreer.