Tollenaars het geld


Die Nasionale Padagentskap (Sanral) het heftig ontken dat daar te min geld in sy sak is wat veroorsaak dat beleggers nou huiwerig geword het om vêrdere lenings toe te staan.

Die gerugte dat Sanral nie geld het nie, is feitelik verkeerd”, sê Vusi Mona, die woordvoerder van Sanral.

Sanral bedryf glo twee portefeuljes, naamlik tolpaaie en nie-tolpaaie.

Volgens Vusi Mona bestaan die sogenaamde “nie-tol-portefeulje” uit ‘n jaarlikse bedrag wat deur die tesourie beskikbaar gestel word ten bedrae van R10 miljard.

Mona het toegegee dat die fondse in die agentskap se tol-portefeulje uitgeput is.

Hy het nie geantwoord op die vraag of een portefeulje se geld vir die ander aangewend mag word nie.

Business Report het verlede week berig dat die agentskap se geld gedaan is en die skuld, insluitend rente, nou sowat R65 miljard beloop.