Terroriste vermoor oud polisie Kaptein


Mnr. Nicky Klopper (63) het weens veiligheidsredes besluit om te verhuis, maar voordat hy na die nuwe meenthuis kon trek, is hy in sy huis in Alberton, deur terroriste doodgeskiet.

Nicky Klopper is ’n voormalige polisiereservis met die rang van kaptein en was tot nou ’n lid van die gemeenskaps-polisiëring se forum

Toe daar na Nicky gesoek word, is hy dood voor die kluis in sy woning gevind.

Hy was bekend daarvoor om maksimale veiligheidsmaatreëls toe te pas en sou nie maklik onbekendes toegelaat het om sy huis binne te kom nie.