Terroriste-aanval in Haakdoringboom.


Twee terroriste het mnr. Rudolph Potgieter (45) en sy seun Colin (25) op hulle hoewe by Haakdoringboom, noord van Pretoria, aangeval.

Pa en seun is van hulle selfone beroof. Daarna het die rowers vir geld en gewere gevra. Toe Potgieter sê dat hulle nie gewere het nie, het die rower hom herinner dat hy ‘n jaar vantevore op hom geskiet het toe hy op die plot wou toeslaan.

Toe Potgieter sy gesin wou beskerm is hy en sy seun geskiet.

Albei is in ‘n ernstige toestand in die HF Verwoerdhospitaal.