Te vet om in Nieu-Seeland te woon


Albert Buitenhuis, ‘n Suid-Afrikaanse burger wat verhuis het na Nieu-Seeland omdat hy daar werk gekry het, kan ingevolge immigrasie reëls, gedeporteer word omdat hy glo “te vet is” om daar te mag woon.

Buitenhuis het sowat 30 kg afgeskud vandat hy ses jaar gelede na die land geëmigreer het en weeg nou 130 kg.

Hy sê hulle kan gedeporteer word nadat ‘n aansoek om hul werkvisums te hernu, weens sy oorgewig, afgekeur is.

Immigrasie-owerhede van Nieu-Seeland sê die eise wat sy obesiteit op gesondheidsdienste kan plaas, is te veel. Albert se gesondheid, volgens mediese ondersoekers, is glo nie meer “op ‘n aanvaarbare standaard” nie.

Mediese dienste is gratis in Nieu-Seeland beskikbaar.