Sun City se “geheime afloerdery”


‘n Klasaksie deur 517 paartjies wat beweer dat onwettige video’s van intieme dade aan ‘n pornografiegroep verkoop is, beplan om Sun International vir $500 miljoen (R4,9 miljard) te dagvaar.

Die groep wat hulleself die Sun International Action Group noem, voer aan dat hulle private en intieme dade gedurende 2005 en 2011 deur versteekte kameras afgeneem is.

Sun International voer aan dat die maatskappy self ook die slagoffer van afpersing is.

Die groep sê dat Sun International-personeellede kameras in sommige kamers van hotelle, w.o. The Cascades en The Palace of the Lost City, asook wooneenhede van die Vacation Club versteek het en hulle seksdade afgeneem het.

Volgens die groep is daar 54 video’s, waarvan 52 aan ‘n pornografiegroep met 3,000 lede wêreldwyd verkoop is. Op hulle blog verskyn die name van ‘n klomp bekendes o.a. dié van Steve Hofmeyr. Hofmeyr het gesê hy is nie bewus van die groep of video’s nie.