Suid-Afrikaners wil korrupsie uitroei.


Ongeveer vyf-en-sewentig persent van alle Suid-Afrikaners wat aan ‘n wêreldwye opname oor korrupsie deelgeneem het, meen dat hulle ‘n verskil aan die stryd kan maak.

Volgens Transparancy International (TI) se Globale Korrupsie-indeks wat vandeesweek bekend gestel is, het die meeste (byna driekwart van die respondente) aangedui dat korrpusie ‘n ernstige probleem in Suid-Afrika is. Meer as die helfte meen ook dat dit toegeneem het.

Ongelukkig is publieke wil nie genoeg nie, politieke wil is noodsaaklik.

“Dit is moeilik om politieke wil teen korrupsie te skep in ‘n land waar die President self nagenoeg 783 onopgeloste korrupsieklagte teen hom het,” het Paul Hoffman, direkteur van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika op die organisasie se webtuiste gesê.

David Lewis, Corruption Watch-woordvoerder het gesê dat hulle organisasie het sedert verlede jaar meer as 4,200 klagtes van korrupsie ontvang. Die helfte van die klagtes is oor magsmisbruik.

Die respondente het aangedui dat die hoogste vlakke van korrupsie in die polisie, politieke partye en die staatsdiens is. Amptelike syfers het gewys die land verloor jaarliks nagenoeg R30 miljard aan korrupsie in die staatsdiens.

Die helfte het erken dat hulle die afgelope jaar omkoopgeld betaal het. Een uit elke vier van die Suid-Afrikaanse deelnemers het hulle daaraan skuldig gemaak.