Suid-Afrika oppad na Welsynstaat


Dit het pas bekend geword dat hoogstens 16% van die totale bevolking in Suid-Afrika aan ’n erkende siekefonds behoort.
Die res van die bevolking maak staat op die land se onderskeie provinsiale gesondheidsdienste.
Aaron Motsoaledi, Minister van gesondheid sê teen verlede jaar het net meer as agt miljoen Suid-Afrikaners tot ’n siekefonds behoort waarvan 3 miljoen as hooflid geregistreer is. Die res (5 miljoen) is as afhanklikes geregistreer.
Waarnemers het aan Die Vryburger geseq dit is duidelik dat die land op pad is om ten volle in ’n welsynstaat te verander. Dit vergelyk goed met ander kommunistiese lande wat so ingerig is dat ’n klein klompie die massas beheer.