Studente wil SAPD se taak oorneem


Die Congress of SA Students (Cosas) het gedreig om verkragters te kastreer.

“Ons gaan die reg in eie hande neem en ons sal ook nie van die dwelmhandelaars in ons gemeenskappe vergeet nie, want ons weet waar hulle bly,” het Thlologelo Malaji, president van Cosas, gesê.

“Lede van ons gemeenskap moet nie meer in vrees lewe nie en ons help om al die euwels van die samelewing uit te roei,” het hy gesê.

Cosas sal glo vergaderings reël tussen ouers, leerlinge en ander om die toestand van opleiding in die land te bespreek. “Die kultuur van onophoudelike ontwrigting van opleiding en opvoeding weens betogings is glo die kern tot dié samesprekings.”

Malaji het gesê Cosas is ook besorg oor die aantal skole, veral hoërskole, wat nie voedingskemas het nie.