Stadion mooi maar boukoste verneukspul


Die boukoste van die Kaapstad-stadion wat met tot honderdmijoene Rand gelaai is in vals kosteberamings, gaan van die boukontrateurs geruggeëis word.

Ian Neilson, onder-burgemeester, het bevestig dat ‘n span prokureurs en kundiges deur die stad aangestel word om siviele regstappe voor te berei.

Dié besluit volg nadat die kontrakteurs Murray en Robberts en WBHO, wat by die bouwerk van die Kapstad-stadion betrokke was, vrywillig ingestem het om boetes aan die mededingingskommissie te betaal.

Murray en Roberts se boete beloop R300 miljoen en dié van WBHO R311 miljoen. Die betaling vorm deel van ‘n ooreenkoms in die ondersoek na kartelle wat gevorm is om boukontrakte onderling te bekonkel.

Indien die betalings deur die Mededingingstribunaal goedgekeur word volgende week, sal die boete-inkomste na die staatskas gaan.

Die siviele eis gaan daaroor dat die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga), wil verseker dat munisipaliteite ook vergoed word.

Salga beweer dat die Kaapse stadsraad volgens ‘n basiese berekening tussen R726 miljoen en R2,17 miljard te veel gevra is vir die bou van die stadium.

Die boukontrakteurs is ‘n kartel van 15 maatskappye wat met die Mededingingskommissie ooreengekom het om boetes van gesamentlik R1,46 te betaal vir tendermanipulasie.