Spioen wil met Snowden trou


Moskou: Die voormalige baas spioen van Rusland, Anna Chapman, het ’n huweliksaanbod op ’n sosiale netwerk aan Edward Snowden gedoen.

Snowden, voormalige werker van die VSA se intelligensiediens sit nou blykbaar sonder wettige dokumente op die Moskou-lughawe.

Die VSA se spioene en ander intelligensie werkers is nog steeds agter sy bloed aan as gevolg van die lekkasies wat hy veroorsaak het oor die wandade van die Obama-regering.

Chapman is gedurende 2010 uit Amerika gedeporteer tydens ’n ingewikkelde uitruil ooreenkoms tussen dié VSA en Rusland.

Pres. Wladimir Putin se woordvoerder sê daar is nie sekerheid of Chapman se huweliksaanbod ernstig is, en of dit net ’n humoristiese opmerking was nie.

Intussen is verneem dat twee Suid-Amerikaanse state, Venezuela en Nicaragua bekend gemaak dat Snowden welkom is om in hulle lande te woon.
Foto – Anna Chapman