Sonkrag-projek begin


Kimberley was ’n miernes van bedrywigheid toe die 65 ton transformator wat vanaf Portugal versend is, uiteindelik sy bestemming bereik het om die sonkrag-projek by dié Noordkaapse stad te begin.

’n Ietwat kleiner model is intussen nog oppad na De Aaar waar die ander projek binnekort sal begin. Na verwagting sal die twee projekte ’n aansienlike verligting op Eskom se huidige las meebring.

Droogfontein Solar Power by Kimberley en De Aar Solar Power is twee van Globaleq se drie energie-aanlegte in Suid-Afrika wat deur Mainstream Renewable Energy ontwikkel word.

Die installering van die transformator by Droogfontein word reeds gedoen en Vrydag word begin met De Aar se instelasie.

Met die transformator in plek, word toetse gedoen en kabels gelê wat sowat veertien dae duur.

Die projek vorder goed by De Aaar. Die 167,600 modules (panele) is afgelewer en 40% daarvan is reeds opgerig.

Die De Aar aanleg sal volgens beplanning in Maart 2014 in bedryf wees.
Na beraam word sal 50 MW opgewek word by elkeen van die aanlegte.