Snowden waarsku VSA


Snowden het in sy jongste uitspraak gesê dat nog meer onthullings oor die VSA se wêreldwye onderskepping van inligting aan die kom is

Dit is waarskynlik onthullings oor die VSA se meeluistering van sy grootste bondgenote en vriende.

In ’n brief aan die Ecuadoriaanse regering het Edward Snowden gesê daar kom nog inligting wat die wereld sal skud.

Snowden was gister steeds in die transito-gebied op die Moskouse lughawe.

Sy voorneme om nuwe feite te onthul was ook die rede waarom Snowden gister pres. Wladimir Putin se asiel-aanbod verwerp het.

Gerugte vlieg rond dat die VSA nou meer druk op Putin plaas om Snowden uit te lewer in ’n poging om te verhoed dat meer besonderhede wêreldkundig gemaak word.
Foto-Putin