Snowden vra asiel in Rusland


Die fluitjieblaser, Edward Snowden het ‘n aansoek om tydelike asiel ingedien.

‘n Menseregteprokureur, Anatoly Kuchera het die fynskrif aan hom verduidelik en gereël dat ‘n werknemer van die betrokke migrasie-dienstekantoor na die lughawe sal kom om die aansoek persoonlik van Snowden te ontvang.

Tydelike asiel behels iets soos humanitêre status of uitgestelde deportasie.

Die Russiese Migrasiediens het bevestig dat dit die aansoek ontvang het. Dit kan die owerheid tot drie maande neem om tot ‘n besluit te kom. Intussen mag Snowden na ‘n vlugtelinge skuiling geneem word.