Snowden: Sit jou selfone in yskas .


‘n Verslaggewer wat ‘n onderhoud met die Amerikaanse fluitjieblaser Edward Snowden in sy skuilplek in Hong Kong bygewoon het, het berig dat Snowden almal gevra het om hulle selfone in die yskas te sit om afluistering te blokeer.

Skynbaar maak dit ook nie saak of die yskas af of aan is nie, die isolasiemateriaal van ‘n yskas kan radioseine keer wat gebruik kan word om stemdata te versamel.

Dik metaal omhulsels kan ‘n tipe elektromagnetiese hindernis skep soortgelyk aan ‘n Faraday hok.
‘n Faraday hok kan nie deur radioseine deurgedring word nie. Hoewel yskaste nie vir hierdie doel ontwerp is nie, kan dit tog hiervoor gebruik word.

‘n Ander huishoudelike voorwerp wat vir dieselfde rede gebruik kan word, is ‘n vlekvrye staal martini- of skemerkelkmenger.

Om dataversending te blokkeer is nie dieselfde as om klank te maskeer nie.

Talle dink dat om die foon af te skakel en die battery te verwyder die probleem sal oplos. Dit is egter nie so maklik nie. Talle nuwe fone het verskillende stadia wat tussen ten volle af of aan is, waar sekere stroombane nooit ten volle afskakel nie,” sê Seth Schoen, ‘n tegnoloog van die burgerregtegroep Electronic Frontier Foundation.

Volgens hom kan die toestel outonoom aansit onder sekere omstandighede soos bv. by die ontvangs van sekere Internet of Ethernet konneksies soos “wake-on-LAN.”

Om die battery te verwyder kan ook bedrieglik wees. Selfs al sou die primêre battery verwyder word, mag daar steeds bykomende kragbronne in die foon wees. Volgens hom gebruik sommige selfone ‘n bykomende battery vir geheuebestuur en kan dit moontlik gebruik word om persoonlike besondere asook sagteware wat op die foon gelaai word, te monitor.