Snowden ontvang assiel.


Venezuela en Nicaragua het assiel aan die Amerikaanse fluitjieblaser Edward Snowden gebied.

Die President van Venezuela, Nicolas Maduro het die aanbod tydens ‘n parade gemaak waarin hy ook Snowden vir sy optrede teen Amerika geprys het.

President Daniel Ortega was versigtiger en het gesê sy land sal assiel toestaan “indien omstandighede dit toelaat.”

Dit is nie bekend wat Snowden se reaksie op die aanbod is nie. Hy skuil steeds in die deurganglokaal van Moskou se Sheremetyevo lughawe.

Indien hy die aanbod aanvaar, is dit ook nog nie bekend hoe hy na Suid-Amerika sal kan reis nie. Nie net het Amerika sy paspoort ingetrek nie, maar daar is ook nie ‘n direkte vlug van Rusland na Venezuela nie.

Boonop het Amerika gesê en bewys dat hulle die vlugroetes vir sy teenwoordigheid monitor.