Snowden moet net asiel vra!


Die President van Venezuala, Nicolas Maduro het gister gesê dat Edward Snowden, Amerikaanse fluitjieblaser, verdien die wêreld se beskerming vir sy onhullings oor Washington se spioenasie bedrywighede.

Snowden, wat deur Washington gesoek word vir aanklagte van spioenasie nadat hy besonderhede van hulle geheime program PRISM uitgelek het, het reeds in 19 lande, o.a. Rusland aansoek om assiel gedoen.

Op die oomblik is hy steeds in die deurgangarea van die Moskouse lughawe. Na stilte van 9 dae het hy sy stilswye verbreek en gesê dat hy gereed is om verdere onthullings te maak – ‘n stelling wat ‘n uitgebreide verblyf in Rusland onmoontlik maak.

President Putin van Rusland het reeds gesê dat hy slegs in Rusland kan bly as hy sy aanvalle teen Amerika staak. Op grond van die uitspraak het Snowden sy Russiese aansoek om assiel terug getrek.

Maandag het Putin egter gesê dat Rusland nie vir Snowden aan Amerika sal uitlewer nie. “Snowden het nie vir of teen ons gespioeneer nie. Ons het niemand nog aan ‘n ander uitgelewer nie, en niemand het iemand aan ons uitgelewer nie,” het hy gesê.

Venezuela egter sê dis belangrik om nou op te hou om ‘n man te vergruis wat iets goed vir die mensdom gedoen het. “Hy het ons nog nie vir beskerming gevra nie,” het hy tydens ‘n onlangse besoek aan Rusland gesê. “Indien hy dit doen sal ons hom ons antwoord gee”.

Hy het ook gesê hulle sal ‘n aansoek om assiel oorweeg nadat Snowden se aansoek aan Ekwador verval het. Ekwador beskerm die stigter van Wikileaks, Julian Assange in sy Londense ambassade.

Amerika het intussen gewaarsku dat enige land wat dit waag om assiel aan Snowden te gee ‘n prys daarvoor sal betaal.