Snowden gaan Venezuela toe


Die Amerikaner, Edward Snowden, wat die VSA in ’n erge verleentheid het oor hulle wangedrag teenoor ander lande, het die aanbod van Venezuela aanvaar.

Pres. Nicolas Maduro het baie gou bekend gemaak dat Snowden welkom sal wees in sy land.

’n Russiese parlementslid, Alexei Pushkov, het die nuus bekend gemaak en gesê dit is min of meer soos wat algemeen verwag is.

Snowden, ‘n voormalige kontrakteur vir die Amerikaanse National Security Agency (NSA) wat inligting oor ‘n VSA intelligensie-program onthul het , het op 23 Junie vanjaar na Moskou gevlug toe die Amerikaners gevra het dat hy uitgelewer moet word.

Hy sal na verwagting moet wag tot ’n vlug na sy nuwe tuiste beskikbaar is op voorwaarde dat hy aanvaarbare dokumentasie kan toon..

Foto – Pres Nicolas Maduro