Slaap red vrou se lewe


Candice Maarshof van Waverley, Bloemfontein het aan die slaap geraak op haar bank en so vas geslaap dat sy nie bewus geraak het van ’n inbreker wat besig was om haar te besteel nie.

Candice het omstreeks 04:20 nie wakker geword toe die dief haar selfoon, wat langs haar gelê het, gesteel het nie.

Toe veiligheidswagte van Senforce haar kort ná die voorval wakker maak, het sy vir die eerste keer verneem van die inbraak.

Die alarmstelsel het die veiligheidswagte bewus gemaak van die inbraak.

Kort nadat die dief weg is, het van die veiligheidsdiens se personeel hom opgemerk en in hegtenis geneem.

Die hoof van die Veiligheidsdiens sê dit is moontlik dat die dame se lewe gespaar is omdat sy geslaap het.

“Dit kon veel anders verloop het,: het hy gesê.

Al die gesteelde goedere is terug gevind.