Skooldogter word vermis


Geraldine van der Merwe (18), ’n matriekdogter van Welkom, het die oggend van haar ma se werk op pad na die skool, net verdwyn.

Sy het daar geld gekry om haar motor, ’n wit Corsa, registrasie CYR 368 FS, vol brandstof te maak voor die petrolprysverhoging.

In die daarop volgende halfuur, en ongeveer 3 km verder het Geraldine onderweg na die “Dunamis Christian School”, verdwyn.

Teen 08:00 het ’n skoolmaat ’n boodskap na Geraldine se selfoon gestuur om uit te vind waar sy is, maar geen reaksie gekry nie want Geraldine se foon was af.

Volgens kamera opnames was sy geklee in ’n wit, wollerige baadjie met ’n kappie wat agter in haar nek hang en ’n blou sweetpakbroek en tekkies, want sy sou die dag atletiek oefen.

Doreen Cloete, hoof van die skool sê Geraldine het haar altyd laat weet as sy selfs ’n minuut laat by die skool gaan wees. Sy is altyd baie stiptelik.

’n Uitgebreide soektog is begin.