Skool en BK in geveg.


‘n Onafhanklike kontrakteur wat middagstudie vir die Laerskool Brandwag in Bloemfontein se leerlinge aangebied het, het die skool en die LUR vir Onderwys vir R682,000 gedagvaar.

Maar die skool het op sy beurt weer ‘n teeneis van R102,300 teen Brandwag Primary Care, ‘n beslote korporasie, vir agterstallige huurgeld vir die gebruik van die skool se geriewe ingestel.

Die saak sal volgende jaar Junie in die Hof aangehoor word. Die eise gaan oor huurgeld vir die tariewe wat eers kwytgeskeld is, en toe weer geëis is.

‘n Jaar gelede is die BK kennis gegee om binne 24 uur al sy goed te ontruim en die sleutels in te handig. Die BK sê daar is nog 15 maande oor van die kontrak. Die beheerraad sê hulle het nie die geld kwytgeskeld nie, en die hoof was nie by magte gewees om so ‘n kwytskelding te doen nie.