Skole stem toe tot dwelmtoetse


24 Skole in Transvaal is deel van die eerste groep skole wat hulle leerlinge vanjaar vrywillig vir verbode middels sal laat toets.

Van die skole in Transvaal wat ingestem het tot die toets tel, o.a. Pretoria Boys High, Redhill School en Trinityhouse High School.

Volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) sal leerlinge aan 59 skole vanjaar vir steroïde getoets word.

Khalid Galant, uitvoerende hoof van Saids het bevestig dat daar spesifiek vir die gebruik van steroïde getoets sal word, want “die program is gefokus op die gees en waardes van sport, etiek en die gevare van dwelmgebruik.”