Skokgolf van Russiese meteoriet het tweemaal om die aarde gegaan.


Die skolkgolf van die meteoriet wat in Februarie in die Oeralgebergtes in Rusland ontplof en geval het, was so kragtig dat dit tweemaal om die aarde getrek het.

Hierdie bevinding is pas deur wetenskaplikes vrygestel.

Die meteorietrots van 10 000 ton wat ‘n groot gat in ‘n gevriesde meer gelaat het, het ook sowat 1,500 mense beseer. Dit is die week geopenbaar dat die naskokke van die ontploffing by Chelyabinsk deur 20 moniteringstasies waargeneem is.

Wetenskaplikes het skerfstukke van die meteoriet opgetel wat verder vir ontleding en navorsing gebruik sal word. Die inwoners van die gebied het vir hulle ‘n goeie geldmaakgeleentheid uit die gebeure geskep deur self na skerfstukke te soek en dit op die swart mark te verkoop.

Die grootste skade aan die dorpie en eiedom was agv die feit dat die dat die meteoriet se skokgolwe die klankgrens gebreek het en toe ontplof het.

Astronome het ook gesê dat indien die meteoriet effens later ontplof het, sou dit waarskynlik een van Brittanje se stede getref het.