Skilder genees polisieman se spanning.


Kapt. Moray Slabbert (43), ‘n polisieman van Krugersdorp se kuns verskyn in die jongste uitgawe van ‘n Amerikaanse kunstydskrif.

Slabbert, wat dertien jaar gelede met posttraumatiese stressindroom (PTTS) gediagnoseer is, het ‘n foto van een van sy kunswerke op Twitter geplaas. Dit het die aandag van die FYGRC Creator’s Magazine in Kalifornië getrek.

Die kunstenaar-polisieman wat by Krugersdorp-polisiekantoor se misdaadvoorkomingseenheid werk, sê dat hy skilder omdat dit hom uit sy wêreld trek. Hy het 13 jaar gelede begin skilder terwyl hy in ‘n rehabilitasiesentrum vir PTSS behandel is. Hy het verdere kunsklasse geloop en aanhou skilder omdat kunsskepping sy paniekaanvalle verminder het.

Elke dag, voor en na werk, skilder hy in sy motorhuis. Hy het al meer as 400 skilderye geskilder waarvan die meeste verkoop is.

Hy put inspirasie uit die werke van Gaugain, Vincent van Gogh en ander impressionistiese skilders. Maar streef daarna om sy unieke stempel in die kunswêreld af te druk.