Skewe teologie!


Ek weet nie of Tutu agter die nuwe pous aan praat of die pous agter hom aan nie, maar dit lyk vir my die twee is maar agtermekaar. Tutu het sy nuutste ketterwoord gespreek oor die regte van homoseksuele mense. Hy voel blykbaar sterker oor hulle regte as oor apartheid! Die arme man se uitlatings kan seker ook verstaan word as mens besef dat hy gebuk gaan onder die druk homoseks organisasies en die heersende ideologie van menseregte. Dit is darem skokkend hoe kerklui agteroor kan buig om mense te akkommodeer wat vooroor wil buig voor die “fabulous” afgod van sodomie.

Die pous het ‘n effense ander storie. Hy reken dat die mense wel omarm moet word, solank dinge nie tot die daad vorder nie. Hy en sy kerk reken blykbaar dat dit nie sonde is om een te wees nie, maar wel om dit te doen. Dis soos mamma wat vir Jannie sê dat hy ‘n rugbyspeler kan wees, maar net nie rugby kan speel nie. Hy kan sy rugbystewels en kouse aantrek, sy skouerkussings, trui kopskerm en sy Morne Steyn getekende mondskerm, en dan kan hy langs die veld gaan sit as die ander maatjies speel en fataseer oor hoe hy self dit ook doen. Baie soos Piet van Zyl besluit het om te doen toe hy by die Bulle geteken het.

Dit is vir my bietjie vreemd. Word mens nie ‘n renjaer deur in wedrenne te jaag nie? Of ‘n ysskaatser deur op ys te skaats nie? Hoe word jy sommer ‘n sodomis sonder om sondermeer te sodomeer?

Die hele besigheid klink maarvir my agterdogtig en onderduims. Dit is asof die hele humanistiese gedagte van homoregte soos ‘n groot swart gat is wat mense van agter bekruip en bespring. Kan jy glo so baie mense is Sodom!

Miskien moet Tutu ophou om Glam Guru te kyk en die pous moet die hele selibaat gedagte heroorweeg, dit begin nou kop toe gaan.

Om af te sluit, wil ek bietjie hoop bring vir al ons reguit lesers, wat hopelik al ons lesers is, en sê dat hoewel hierdie twee met hulle skewe teologie wel baie invloed het, kan ons maar weet, twee moffies maak nie die somer nie!

Tot volgende slag
Die pylreguit Sweepstok