Sjirurgiese slim skalpel.


‘n Sjirurgiese skalpel wat kan vasstel wanneer dit deur kankerweefsel sny, word tans in hospitale getoets.

Dit vestig die hoop daarop dat die verspreiding van kanker weens kankerselle wat nie tydens operasies raakgesien is nie, meer doeltreffend bekamp kan word.

Die toestel help sjirurge deur presies aan te dui watter weefsel verwyder moet word, wat verdere operasies sal vermy. Gedurende ‘n operasie word elektro-sjirurgiese messe gebruik om are te sny en toe te skroei. Die toestel se werk is om die rook wat in hierdie proses ontstaan in ‘n massa-spektrometer op te suig wat sal aandui of die weefsel gesond of kankeragtig is.

Aangesien sjirurgiese verwydering dikwels die beste hoop op kanker is, word partykeer meer as 20% van dié gevaarlike selle nie onder operasies opgespoor nie.

Die toestel sal ook in die algemene handel onder die naam, iKnife, beskikbaar wees. Die iKnife sal o.m vir voedseltoetsing gebruik kan word. Op die oomblik kan dit reeds tussen perdevleis en beesvleis onderskei en dit werk ewe goed op rou en gaar vleis.