Sindikaat vasgetrek


Vier mans is in Pietersburg, Noord-Transvaal vasgetrek wat blykbaar ’n sindikaat gevorm het en motoriste uit derduisende Rand geswendel het. Hulle het vervalste ID dokumente en vals rybewyse aan hulle te verskaf.

Hulle is by die kantore wat hulle gehuur het en waarvandaan hulle glo die vermeende sindikaat bedryf het, aangekeer.

Die polisie is nog besig met die ondersoek maar dit is reeds duidelik dat baie mense geraak is deur die vals dokumente.

Volgens die polisie is die totale omvang van die bedrog nog nie vasgestel nie.