Seun uit leeu se kake gered.


Johan Opperman (10) wat die naweek deur ‘n leeu aangeval is, sterk goed aan.
Hy sal Dinsdag ‘n tweede operasie ondergaan.

Johan, het snywonde aan sy arm opgedoen toe Elsa die leeu tydens vieringe
van haar vyfde verjaarsdag hom deur die omheining by die
Zanchieta-wildekatplaas buite Bloemfontein, beetgekry het.

Tientalle besoekers het die verjaardagleeu se hok besoek. Miekie van Tonder
(25), Elsa se “speelmaat” het in die leeukamp met haar baljaar. Enkele
besoekers het haar deur die tralies gevryf.

Johan het met sy rug teen die traliehek getaan toe Elsa sy baadjie met haar
poot gegryp het, sy linkerarm deur die tralies getrek het, haar tande daarin
geslaan het en bly klou het.

Van Tonder het onmiddellik wydsbeen oor Elsa gaan staan en haar vingers in
Elsa se bek gedruk. Na sowat 30 sekondes, het Elsa Johan se arm gelos.

Volgens ‘n woordvoerder van die Bloemfontein Mediclinic, Amanda Appelgryn,
is sy pyn onder beheer en gaan dit onder omstandighede goed met hom.