Sentraal Afrika Republiek nou gevaarlik


Sowat vier maande gelede het Suid-Afrikaanse soldate voet in die wind geslaan uit die land waar hulle deur Seleka-rebelle doodgeskiet en verjaag is,

’n Katolieke prediker het glo nou gesê dat inwoners van die land soos vlieë doodgeslaan word.

“Ek kan nie stilbly terwyl die seuns van dié land slagoffers word van die wreedste vorm van barbarisme nie,” het aartsbiskop Nzapalainga van Bangui gesê.

Die Katoliek het blykbaar gespreek wat almal in die VN, die Afrika-Unie en die Human Rights Watch die afgelope tyd gesê het in hulle waarskuwings oor die land se rebelle.

Tydens die Slag van Bangui is nie minder as 15 Suid-Afrikaanse soldate doodgeskiet en honderde inwoners het omgekom.

Dit het daartoe gelei dat die SANW sy troepe inderhaas moes onttrek uit vrees dat die hele span uitgewis kon word in vêrdere voorvalle.

Sedertdien het die rebelle hul eie oorgangsregering gevorm met die bedoeling om later ’n verkiesing te hou. Die rebelle leiers beskou Suid-Afrika se optrede as inmenging in hulle huishoudelike sake.
Foto-Seleka-rebelle