Selebi skuld miljoene aan regskoste


Die Departement van Polisie het ontken dat Jackie Selebi “voorkeurbehandeling” gaan kry in verband met die R17,4 miljoen wat hy aan regskoste verskuldig is.
Selebi is egter op mediese parool vrygelaat nadat hy in 2010 vir 15 jaar tronkstraf gevonnis is weens die grootskaalse korrupsie waarby hy betrokke was.
Mnisi sê dat die regsverteenwoordigers van Selebi die inligting aan die Departement bekend gemaak het.
Die inligting sal glo deur die Nasionale kommissaris, ene Riah Phiyega, nagegaan word.
Mnisi sê Phiyega sal ook besluit of Selebi die volle bedrag of net ‘n gedeelte daarvan moet betaal.
Selebi se prokureur, Wynand Coetzee, het voorheen gese daar is nie genoeg geld om die regskoste te vereffen nie.