SARB maak groot verlies


Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se goewerneur, Gill Marcus, het aangekondig dat die SARB die jaar wat op 31 Maart 2013 geëindig het met ‘n verlies van R1,3-miljard afgesluit het. Die vorige jaar was die verlies R400-miljoen.

Volgens Marcus was die rede vir die verlies stygende bedryfskoste en die uitgawes weens vrystelling van die Nelson Mandela banknote. Die bank se bedryfskoste het met R1,1-miljard toegeneem vanaf R2,8 tot R3,9-miljard die afgelope jaar. Marcus sê dat die note uitgifte wat in November 2012 vrygestel was ‘n hoogtepunt vir die bank was en dat die note meer bestand teen vervalsing is.

Die SARB het die jaar geëindig met 668 aandeelhouers, waarvan 69 nie gewone inwoners in Suid-Afrika is nie.