Sanral verloor publieke vertroue.


Die Nasionale Padagentskap (Sanral) het die vertroue van die publiek verloor en daarom mag duisende dalk nie vir e-tol registreer nie.

Inligting dui daarop dat Sanral se advertensiekoste die afgelope twee jaar met bykans 200% gestyg het. In 2010-’11 boekjaar is sowat R30,4 miljoen bestee; in 2011-“12 sowat R84,5 miljoen en in 2012-’13 ongeveer R87,1 miljoen.

Volgens ‘n kommentator kan dit beskou word as een van die wêreld se onsuksesvolste reklameveldtogte. Miljoene Rand van die belastingbetaler is bestee sonder noemenswaardige bevordering van hulle saak.

‘n Woordvoerder van Outa het ook gesê dat tienduisende, indien nie honderdduisende sal nie vir die gebruik van snelweë betaal of e-tolskyfies aanskaf nie.