Sal nuuskanaal die mas opkom?


Onsekerheid bestaan of die SAUK se nuwe 24 uur-nuuskanaal sy sperdatum van 1 Augustus sal haal.

‘n Woordvoerder van die SAUK, Kaizer Kganyago, sê hulle weet nie waarom daar wantroue is nie, daar word al jare lank nuus uitgesaai.

Kritici twyfel egter aan die volhoubaarheid daarvan om 24 uur per dag nuus uit te saai, veral omdat behoorlike toerusting en ateljees glo nie in werking gestel is nie. Die president van die mediavakbond Bemawu, Hannes du Buisson, twyfel ook oor diesukses van die projek.

‘n 24 uur-nuuskanaal is ‘n “honger monster wat voortdurende gevoed moet word,” het hy gesê. Boonop pla dit hom dat mense wat tv-lisensies betaal, nie toegang tot die kanaal sal hê nie.

Die kanaal sal as deel van DStv Premier Bouquet uitgesaai word.

Dit is hier waar die storie interessant word: cui bono? is die vraag wat nou gevra moet word. Wie gaan hierby baat? Probeer om die volgende dotjies bymekaar te sit. Die SAUK; die Gupta-familie se New Age mediamaatskappy; Pres. Zuma; MultiChoice; Media 24; Naspers.