SA Lugdiens staak


Ongeveer 4,000 van SAL se kajuit- en grondbemanning wat by Satawu geaffilieer is, staak weens ’n salaris geskil.

Satawu het die staking voorlopig opgeskort om SAL se jongste aanbod van ‘n 6,5% verhoging te oorweeg.

Vincent Masoga, ‘n Satawu woordvoerder sê die werkers het nou teruggekeer na hul oorspronklike eis van 8,33% wat as verhoging in salaris moet dien, tesame met ’n behuising-, mediesefonds- en maaltydtoelaes.

Die SAL sê hy het ’n gebeurlikheidsplan in plek indien dit nodig word ten einde te verhoed dat kliënte ongerief verduur.