Rykste stadsrade sukkelend


Johannesburg en Pretoria is by verre die twee rykste munisipaliteite in die land. Albei sukkel hulle gedaan om skuld in te vorder van wanbetalers. Of hulle genoeg doen om die probleme aan te spreek, is onduidelik.

Dit is die mening van die graderingsagentskap Ratings Afrika wat agt metrorade se state ontleed het.
.
Johannesburg het die grootste inkomste en sy inwoners het die hoogste gemiddelde inkomste van R183 ,247 per jaar. Pretoria se inwoners met R182 ,822 is tweede. Beide se syfers is veel hoër as die gemiddelde van R103,204.

Te midde hiervan is beide onderaan op die invordering koers se lys.

Johannesburg, Bloemfontein en Pretoria se lae invorderingskoers het daartoe bygedra tot hul ’n uiters swak likiditeit posisie beklee. Dit gaan vorentoe ernstige probleme vir die rade veroorsaak.
.
Die waarskuwing is in kontras met Kgosientso Ramokgopa, die burgemeester van Pretoria, se uitspraak. Die burgemeester reken daar is nie ’n metro in die land wat sy geldsake beter bestuur as syne nie.

Pretoria het die minste punte gekry in die metings wat gedoen is. Slegs 30 uit 100 volgens Ratings Afrika se bevinding.